Laatste onderwerpen
Meest actieve berichtenplaatsers van deze week
Frysk
 

Meest actieve berichtenplaatsers van deze maand
Frysk
 
ss-Heinrich
 
Bertus
 
Werner Heisenberg
 
August Schultz
 

Wie is er online?
Er zijn in totaal 1 gebruiker online :: 0 Geregistreerd, 0 verborgen en 1 gast

Geen

Het hoogste aantal gelijktijdige online gebruikers is 8. Dit aantal is bereikt op za jul 21, 2018 8:05 am.

Boere Konsentrasiekampe

Ga naar beneden

Boere Konsentrasiekampe

Bericht van Johan op za jul 28, 2018 10:37 pm

'n Konsentrasiekamp is 'n groot aanhoudingsentrum wat geskep word met die doel om politieke vyande, vyandige persone wat nie burgers van die betrokke staat is nie, spesifieke etniese of geloofsgroepe, of burgerlikes wat krities teenoor 'n regering se beleid staan, veral tydens oorlogstoestande, te huisves. Dit word gebruik in omstandighede waar die geïnterneerdes voldoen aan breë toelatingskriteria na só 'n kamp, maar sonder dat die persone as individue toegang tot die normale regsverteenwoordiging gehad het. Gewoonlik word kampe vir krygsgevangenes nie as konsentrasiekampe beskou nie. Die woord konsentrasie toon nie alleen 'n geografiese konsentrasie aan nie, maar ook die oorbevolkte, ongesonde stand van sake binne-in só 'n kamp.

WAT EN WAAR WAS DIE KONSENTRASIEKAMPE?

Die Britte kon eindelik net die Boere tot oorgawe dwing deur ‘n taktiek van totale aanslag (teen vroue, kinders en bejaardes) te volg.  Plase en huise is afgebrand om te verhoed dat Boere op kommando van voedsel en ander voorrade voorsien kan word.  Hierdeur is duisende vroue en kinders haweloos gelaat en in Britse konsentrasiekampe ‘gehuisves’.  Die kampe het 'n reusagtige litteken in die gemoed van ons mense gelaat, naamlik as 'n simbool van opsetlike volksmoord. Die eerste kamp is in Julie 1900 naby Mafikeng opgerig.  Teen hierdie tyd was daar reeds 38 000 Swartes in soortgelyke kampe gehuisves.  Kitchener se meer intensiewe dryfjagte het die aantal haweloses laat toeneem en teen September 1901 was daar 110 000 blanke vrouens en kinders in 34 konsentrasiekampe.

SCORCHED EARTH – The Britsh destroyed all the Boer Homesteads– causing massive starvation.



Kampe, wat hoofsaaklik tente in die oop veld was, was dikwels baie swak geleë.  Onhigiëniese toestande, swak en onvoldoende voedsel  asook te min mediese personeel het rampspoedige gevolge gehad.  Tussen Augustus en Oktober 1901 is 8 623 sterftes in die kampe aangeteken.  As gevolg van die optrede van Emily Hobhouse en die daaropvolgende ondersoek na die toestande, het omstandighede teen Desember 1901 verbeter en die sterftesyfer het afgeneem.  In totaal het 26 251 blanke vroue en kinders, 22 000 van hulle onder 12 jaar, gesterf.

BLANKE KONSENTRASIEKAMPKERKHOWE VANDAG

ALIWAL-NOORD : Naby Hoërskool in Somersetstraat
BALMORAL : Op plaas Eensaamheid langs Witbank snelweg
BARBERTON : Munisipale begraafplaas, Gospelstraat
BELFAST : Scheeperstraat, Belfast
BETHULIE : Nuwe terrein, op dorpsgronde, Bethulie 303
BLOEMFONTEIN : Pres. Brand begraafplaas, Presidentstraat
Memorium begraafplaas, Genl. Brandstraat
BRANDFORT : Op plaas Louvain 286
DURBAN : 1. Jacobs, h/v Dudley en Thornstrate, 2. Merebank, h/v Himalaya en Rawalpindistrate
HARRISMITH : Munisipale begraafplaas
HEIDELBERG : Nuwe Munisipale begraafplaas, Jacobsstraat
HEILBRON : Munisipale begraafplaas, Hallstraat
HOWICK : Terrein van Umgeni-Instituut
IRENE : Brudeweg 11, Irene
ISIPINGO : Naby die stasie
JOHANNESBURG : Turffontein, Mondeor dorpsgebied, Malutistraat
KABUSIE : By Stutterheim
KIMBERLEY : Tuin van Herinnering, Hertzogplein, Longstraat
KLERKSDORP : Ou Munisipale begraafplaas op Spoorwegterrein
KROONSTAD : In die nywerheidsgebied, Tenthstraat
KRUGERSDORP : Munisipale begraafplaas, Luipaardstraat
MAFIKENG : 4 km van die dorp op die Vryburgpad, Sterfteregister
MIDDELBURG : 1. Ou munisipale begraafplaas, Voortrekkerstraat; 2. Nuwe munisipale begraafplaas, Oranjestraat 3. Kareelaan, Kanonkop
NORVALSPONT : Ongeveer 5 km onder die damwal van die H.F.Verwoerddam (Gariepdam)
NYLSTROOM : Ou munisipale begraafplaas
ORANJERIVIER-STASIE : Op die plaas Doornbult, distrik Hopetown
PIETERSBURG : Agaatstraat, Nywerheidsgebied, Pietersburg
PIETERMARITZ-BURG : Commercialstraat begraafplaas
PORT ELIZABETH : Tuin van Herinnering, Noord Einde begraafplaas
POTCHEFSTROOM : 1.In Bailie Park, 2. Olën Park by die Rugby stadion
SPRINGFONTEIN : 1. Ongeveer 4 km buite die dorp, suid-oos van die stasie, 2. Kinderkonsentrasiekampkerkhof, langs dorp se lykshuis
STANDERTON : Ou munisipale begraafplaas, Bergstraat
UITENHAGE : Privaatgrond, ongeveer 7 km op pad na Graaff-Reinet
VEREENIGING : Ou munisipale begraafplaas, Beaconfieldlaan
VREDEFORTWEG : Naby die Greenlands-spoorwegstasie
VOLKSRUST : H/v Joubert en Laingsnekstrate, by Burgersentrum
VRYBURG : Nuwe woonbuurt, noord van die dorp
WINBURG : 1. In die ou kerkhof in die dorp, Jack Coetzerstraat, 2.Vaalkop, 2 km wes van die dorp

Lys van Konsentrasiekampe: (46)
Kaap:
Aliwal Noord
Kimberley
Port Elizabeth
Oos Londen
Oranjerivier Stasie (Doornbult, Hopetown)
Kabusi (naby Stutterheim)
Norvalspont
Uitenhage

Natal: (10)
Howick
Pietermaritzburg
Merebank
Jacobs
Isipingo
Ladysmith
Colenso
Wentworth
Eshowe
Mooirivier

Transvaal: (18)
BARBERTON
BALMORAL
BELFAST
HEIDELBERG
IRENE
KLERKSDORP
KRUGERSDORP
MIDDELBURG
MAFEKING
NYLSTROOM
PIETERSBURG
POTCHEFSTROOM
STANDERTON
VEREENIGING
VOLKSRUST
VRYBURG
TURFFONTEIN (JOHANNESBURG)
TYDELIKE KAMPE: MEINTJIESKOP

Vrystaat: (10)
Bloemfontein
Brandfort
Bethulie
Heilbron
Harrismith
Kroonstad
Springfontein
Vredefort
Winburg
Tydelike Kamp: Ladybrand



Boerekrygsgevangenes

Die Boerekrygsgevangenes was die sowat 27 000 krygers van Transvaal en die Vrystaat asook Kaapse Rebelle en simpatiseerders uit ander lande wat die Britse magte tydens die Tweede Vryheidsoorlog van 1899 tot 1902 gevange geneem en in die Karibiese Streek, die suidelike Atlantiese Oseaan en Asië aangehou het.

Die eerste Boere is met die Slag van Elandslaagte op 21 Oktober 1899, presies 10 dae nadat Transvaal en die Vrystaat oorlog verklaar het, gevange geneem en na ’n kamp in Groenpunt in Kaapstad gestuur. Grootskaalse oorgawes, soos dié deur genl. Piet Cronjé by Paardeberg op 27 Februarie 1900 en genl. Marthinus Prinsloo in die Brandwaterkom op 30 Julie 1900, het meegebring dat die kampe vir krygsgevangenes in die Kaapkolonie en Natal gou te klein geword het. Hierna het Engeland besluit om die krygsgevangenes oorsee te verban, ook omdat hulle bang was vir ’n inval in die Kaapkolonie, om ontsnapping te bemoeilik, om die vegtende Boere en naasbestaandes van die gevangenes te demoraliseer en om nie te veel uiteenlopende soorte kampe in Suid-Afrika te bedryf nie. Hulle was ook bevrees Kolonialiste in die omgewing van die kampe kon in opstand teen die Britse owerheid kom en die aangehoudenes probeer bevry.[1]

Die krygsgevangenes is gevolglik gestuur na Sint Helena, Ceylon (Sri Lanka), die Bermuda-eilande en Indië, waar daar 14 kampe was. Op plekke is hospitaal- of ruskampe ingerig; op ander strafkampe en tronke vir halsstarriges of kampe in streke met ’n ellendige klimaat wat as straf moes dien vir diegene wat nie wou sweer dat hulle nie weer teen Engeland sou veg nie (die onversetlikes of onversoenlikes). Lord Kitchener het self bereken dat 25 000 Boere in al die kampe tesame aangehou is, van wie seuns van net agt jaar en ou manne van oor die 80 jaar. Volgens ander ramings was die getal nader aan 30 000.



’n Oorplasingskamp vir Boerekrygsgevangenes in Groenpunt, Kaapstad, tydens die oorlog. Die gevangenes is hiervandaan oorgeplaas na interneringskampe in ander dele van die Verenigde Koninkryk.

https://af.wikipedia.org/wiki/Boerekrygsgevangenes
avatar
Johan

Posts : 516
Punten : 843
Reputatie : 75
Join date : 27-05-18
Location : Holland

http://www.volkstaat.eu/

Terug naar boven Ga naar beneden

Terug naar boven


 
Permissies van dit forum:
Je mag geen reacties plaatsen in dit subforum