Laagland Forum
Wilt u reageren op dit bericht? Maak met een paar klikken een account aan of log in om door te gaan.
Laatste onderwerpen
» Nederland Vlaanderen draad op VNN.
Is dit die einde van die wit volk van Afrika? Emptydi dec 25, 2018 8:47 pm van Johan

»  Fastfoodketen Zuid-Afrika mag kolonisatie niet bespotten op tv
Is dit die einde van die wit volk van Afrika? Emptydi dec 25, 2018 9:53 am van Frysk

» account gewist!
Is dit die einde van die wit volk van Afrika? Emptyma dec 24, 2018 10:22 pm van Johan

» VNN Forum Moderator Gewond door linkse aanvallers in Oregon
Is dit die einde van die wit volk van Afrika? Emptyzo dec 23, 2018 4:47 pm van Johan

» Moordorgie swart op wit woed voort/plaasmoorde en aanvalle
Is dit die einde van die wit volk van Afrika? Emptyzo dec 23, 2018 4:15 pm van Johan

» Mijn account opgeheven zonder opgaaf redenen!
Is dit die einde van die wit volk van Afrika? Emptyzo dec 23, 2018 9:00 am van Frysk

» Rustg hier dezer dagen!
Is dit die einde van die wit volk van Afrika? Emptyvr dec 21, 2018 7:17 pm van Johan

» Initiatiefwet Bestuurlijk Verbod Rechtspersonen
Is dit die einde van die wit volk van Afrika? Emptydi dec 18, 2018 5:47 pm van Johan

»  Eurogendfor the "army" against European citizens.
Is dit die einde van die wit volk van Afrika? Emptyma dec 17, 2018 5:19 pm van Johan

Meest actieve berichtenplaatsers van deze week
Geen gebruiker

Meest actieve berichtenplaatsers van deze maand
Geen gebruiker

Wie is er online?
Er zijn in totaal 1 gebruiker online :: 0 Geregistreerd, 0 verborgen en 1 gast

Geen

Het hoogste aantal gelijktijdige online gebruikers is 11. Dit aantal is bereikt op zo maa 07, 2021 10:03 am.

Is dit die einde van die wit volk van Afrika?

Ga naar beneden

Is dit die einde van die wit volk van Afrika? Empty Is dit die einde van die wit volk van Afrika?

Bericht van Johan vr jun 22, 2018 4:03 pm

Lank, lank gelede, toe ek begin werk het, het die staat die Blankes aangemoedig om groter gesinne te hê. Dit is ondermeer met belastingtoegewings gedoen (dit was slegs Blankes wat inkomstebelasting betaal het). Op dieselfde inkomste het ‘n ongetroude persoon die maksimum koers betaal, indien getroud het hy minder betaal, indien getroud met een kind het hy nog minder betaal, en so aan verder tot en met ses kinders.

In 1967 kon die regerende Nasionale Party trots verklaar dat, in die vorige vyf jaar, die aanwas van Nie-blankes minder was as die aanwas van Blankes. Dit was die eerste keer in die geskiedenis van Suid-Afrika dat dit reggekry kon word. Die Blanke aanwas het ook immigrante uit Europa ingesluit. In daardie tyd was die Suid-Afrikaanse ekonomie sterker as ooit daarvoor of daarna. Daar was meer werksgeleenthede as wat daar werkers was en daar was veral ‘n tekort aan vakmanne. As iemand se baas hom kwaad gemaak het, het hy vir sy baas gesê wat hy met sy werk kan maak en die volgende dag oorkant die straat begin werk teen ‘n beter salaris.

In 1900 was daar 1 miljoen Blankes en 3.2 miljoen Bantoes in Suid-Afrika, dus omtrent 3 Bantoes vir 1 Blanke. In 1945, voor die beleid van Aparte Ontwikkeling, was daar 2.3 miljoen Blankes en 8.5 miljoen Bantoes, amper 4 Bantoes vir elke Blanke. In 1965, net voor dr. Verwoerd vermoor is, was daar 3.4 miljoen Blankes en 14.6 miljoen Bantoes, dit wil sê omtrent 4 Bantoes per Blanke. Vir 20 jaar het die verhouding dus min-of-meer konstant gebly. In 1990 was daar 5 miljoen Blankes en 30 miljoen Bantoes, dus 6 Bantoes vir elke Blanke. Dit was die situasie toe die Nasionale Party gekapituleer het. In 2017 was daar 4.5 miljoen Blankes en 45.6 miljoen Bantoes, derhalwe 10 Bantoes vir een Blanke. Blankes se getalle neem steeds af en Bantoes se getalle neem steeds toe. Wat gaan die situasie oor 20 jaar wees? 20 Bantoes per Blanke?

Dit is nie net in Suid-Afrika waar Blankes se getalle afneem nie, dit gebeur wêreldwyd. Die Westerse Wêreld se bevolkings krimp terwyl die Derde Wêreld se getalle toeneem. Daar word gemeen dat die Blankes in die VSA oor omtrent 20 jaar ‘n minderheid gaan wees. Europa is op dieselfde pad. Nie net neem die Blankes se getalle af nie, hulle laat toe dat reuse getalle immigrante uit die derde wêreld hulle lande instroom. Die Blanke ras se voortbestaan word ernstig bedreig.

Wie nie van hierdie situasie bewus is nie, het geen kennis van wat in die wêreld aan die gang is nie. Suid-Afrikaanse blankes wat nie bewus is van die implikasies hiervan nie, moet liewer hulle opinies vir hulleself hou. Die krimping van Blanke getalle en die toename van Nie-blanke getalle is loshande die belangrikste saak wat ons voortbestaan beïnvloed.

Wat het veroorsaak dat die Blanke ras besluit het om selfmoord te pleeg? In Europa was die aanwas van die bevolking in vroeër eeue deur die natuur gereguleer. Baie kinders is gebore, maar sterftes deur oorloë en siektes het die grootte van gesinne verklein. Toe die mens daarin slaag om die sterftesyfer te verminder, het daar ‘n gevaar van oorbevolking ontstaan. Dit het gelei tot bevolkingsuitbreiding na ander kontinente toe. Steeds het die Blankes toegeneem totdat geboortebeperking moontlik geword het. Geboortebeperking het die grootste invloed gehad op die oorgang tot kleiner gesinne. Voorheen was die grootte van die gesin bepaal deur natuurlike faktore, groot gesinne was deel van die lewe. Geboortebeperking het aan die mens ‘n keuse gebied, mense kon ‘n wilsbesluit neem oor hoe groot die gesin moet wees. Die nywerheidsrevolusie het ook ‘n invloed op die grootte van die gesin gehad.

In ons tyd het die Westerse mense se waardes verander. Die Westerlinge (Blankes) het tradisionele en christelike waardes oorboord gegooi en vervang met ‘n vrysinnige ongodsdienstige lewensuitkyk. Die vrysinnige lewenswyse van ‘n groot aantal Blankes bevorder seksuele losbandigheid en aborsie op aanvraag. Dit bevorder pornografie en nie-reproduktiewe en ongesonde seksuele lewenstyle. Die gebruik van dwelms het ook ‘n invloed op reproduksie. Radikale feminisme en vroue wat loopbane najaag veroorsaak vyandigheid teenoor moederskap. Verder veroorsaak egskeidings en ekonomiese behoeftes dat vroue loopbane moet volg en gevolglik moederskap moet beperk. Kinders uit die huwelike van Blankes met Nie-blankes verswak ook die blanke bevolkingsaanwas. Dit alles, en nog meer, breek die tradisionele gesin en gesinswaardes af.

Hoeveel Blankes in Suid-Afrika die Westerse vrysinnige lewenswyse navolg, is onbekend. Die oorgang van vroeër jare se groot gesinne na die kleiner gesinne van vandag het gebeur as gevolg van verstedeliking. Om uit die stedelike armoede te ontsnap moes meer geld aan opleiding van kinders bestee word. In die stede was die beter betrekkings gereserveer vir geskoolde persone. Minder kinders, wat geskoold was, was beter as meer kinders, wat ongeskoold was. Dit was dus in die hele gesin se belang dat daar minder kinders moes wees. Mettertyd het inkomste verbeter en was ‘n meer gerieflike lewenswyse moontlik. ‘n Beter huis, ‘n tweede motor, ‘n swembad en ‘n jaarlikse vakansie kon bekostig word. Ekonomiese faktore het kleiner gesinne verkieslik gemaak. Die oorgrote meerderheid Bantoes het nie in hierdie welvaart gedeel nie en het steeds groter gesinne gehad. Die verskil in aanwas het verder vergroot.

Hoe gaan die getalleverhouding van Blankes tot Bantoes oor 10 jaar wees? Binnekort gaan jou rugbyspan nie meer as 2 Blanke spelers hê nie, daar gaan net 2 Blankes in jou kind se klas wees, jou gesin gaan die enigste Blankes in jou straat wees. Tensy iets gebeur wat dit verander.

Alles is nie verlore nie. Die White Tribe of Africa kan bly voortbestaan. Dit hang van ons af of ons wil bly voortbestaan, of nie. Dit is ons keuse. Dit sal net nie op dieselfde manier wees as voorheen nie. Daar mag dalk net ‘n beter toekoms wag as wat ons van kan droom.

Om reg te kies sal die Blankes in Suid-Afrika bewus moet word van wat om hulle aangaan. Te veel leef in ‘n droomwêreld waaruit hulle nie wil wakker word nie. Die Blankes sal moet ophou om te luister na die leuens van die media, kerke en die “deskundiges”. Hulle sal moet begin om hulle gesonde verstand te gebruik.

Kies jou gesin, jou familie, jou voorgeslagte en jou nageslagte. Kies jou eie mense, kies jou eie taal en kultuur. Kies jou eie volk. Onthou wat jou voorgeslagte deurgemaak het sodat jy hier kan wees. Dink aan die erfenis wat hulle aan jou nageslag nagelaat het. Of was al die lyding, stryd en opofferings tevergeefs? Ons voortbestaan is nie ‘n politieke saak nie, dit is ‘n saak van fisiese oorlewing.

http://www.minderheidsverslag.co.za/2018/06/16/is-dit-die-einde-van-die-wit-volk-van-afrika/
Johan
Johan

Posts : 570
Punten : 916
Reputatie : 84
Join date : 27-05-18
Location : Holland

http://www.volkstaat.eu/

Terug naar boven Ga naar beneden

Terug naar boven

- Soortgelijke onderwerpen

 
Permissies van dit forum:
Je mag geen reacties plaatsen in dit subforum